Sowat 1 000 buitelanders het uit plakkerskamp buite De Doorns in die Wes-Kaap gevlug nadat nuwe gevalle van xenofobie hier uitgebreek het. Polisie het Dinsdag gesê geen gevalle van fisieke geweld teen buitelanders is aangemeld nie. Volgens supt. Desmond van der Westhuizen het spanning sedert verlede week in die gebied begin opbou. Dinsdagoggend het plaaslike
‘Jozi se paaie beter as Duitsland vir 2010’
Johannesburg se paaie sal betyds vir die 2010-wêreldbekertoernooi opgeknap wees, het die stad se padagentskap Dinsdag gesê. “Dit is ons doel dat mense wat hierheen kom ‘n wêreldklas ondervinding sal geniet. Ons eerste prioriteit is om die stad reg te kry vir 2010,” het woordvoerder Thulani Makhubela tydens ‘n mediakonferensie gesê. Makhubela het inwoners verseker
SAPD gaan van swak na swakker
Nuwe data toon dat die SAPD agteruitgaan, en dit wil voorkom of die regering dit nie as ‘n prioriteit sien om dié probleem aan te spreek nie, het die DA Dinsdag gesê. “Antwoorde op ‘n klomp parlementêre vrae het getoon dat gevalle van verlore en gesteelde polisiedossiere met 57% vermeerder het en dat ophopings van
Vaderlandsliefde
{jathumbnail off} стоматология улыбкаФільчаков Олександр Васильович
Japan vra dat vuvuzela verbied word
Die sokkerhoof van Japan het ook nou ook sy stem laat hoor oor die raserige vuvuzela. Hy voel dat dié tradisionele instrument nie by volgende jaar se Fifa Sokker Wêreldbeker toegelaat behoort te word nie en liewer verbied moet word. Fifa het onlangs die versoek om die plastiekinstrument gedurende die wêreldbeker te verbied, verwerp. Japan
21 in Noordwes vas oor geweld
21 mense, waaronder agt jeugdiges, is in hegtenis geneem vir openbare geweld tydens ‘n protesoptog oor dienslewering in Seweding naby Mafikeng in die Noordwes. Supt. Lesego Metsi, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê sowat 500 inwoners het bande aan die brand gesteek en die paaie versper nadat die premier van die Noordwes glo versuim het om hulle
Transformasie bevorder rassisme
Vanweë ons lang geskiedenis van konflik kan dit nie ontken word dat diep gewortelde spannings tussen Suid-Afrika se volksgroepe steeds heers en vir baie dekades nog sal heers nie. Daardie spannings heers reeds vir tweehonderd jaar en dateer terug na die eerse Xhosa-oorlog in 1811, waarna nog agt volwaardige oorloë in die Ooskaap gevolg het,
Button in ‘n Mclaren vir 2010?
Daar is sterk gerugte dat die nuwe wêreldkampioen van Brawn GP, Jensen Button, na Mclaren wil skuif. Button en Brawn gesels nog oor die groter salaris wat Button wil hê. Soos die spreekwoord lui: “Waar daar ‘n rokie trek… Die feit dat Button Vrydag deur die Mclaren F1-aanleg in Woking, Engeland geneem is vir ‘n
Regstellende aksie in die spervuur
Regstellende aksie se Engelse naam, affirmative action, kan waarskynlik naatloos toegepas word wanneer dit ingespan word waarvoor dit bedoel is – die beskerming van minderheidsregte. Dan maak dit immers deel uit van ‘n belangrike volkeregtelike beginsel, naamlik die beskerming van minderhede wat in ‘n gewone een-mens-een-stem-stelsel aan die kortste end sou trek. Die beskerming van
Kitsdoodstraf
Dit sal ‘n skrikwekkende gedagte wees dat iemand wat net ‘n basiese opleiding agter die rug het en geleer skiet het, die mag gegee word om te besluit oor lewe en dood. Maar is dit nie wat gebeur nie? Die koerante is die afgelope paar dae volgeskryf oor die polisie wat deur politici en bevelhebbers
