Wes-Kaapse werkers moet vreedsaam byeenkom en kalm bly wanneer hulle hierdie week met hulle stakings voortgaan, het Phumla Williams, ‘n regeringswoordvoerder, Maandag gesê. “Hoewel werknemers die reg het om met hulle werkgewers te onderhandel oor kwessies wat verband hou met lone en werksomstandighede, word hulle aangemoedig om hulle te weerhou van geweld en intimidasie van
AWB-man vermoor sy vrou, gee kinders slaappille
‘n Man van Bronkhorstspruit wat sy vrou verlede week vermoor en toe selfmoord gepleeg het, het 20 jaar gelede die doodstraf gekry ná ‘n bus-aanval waarin sewe mense dood is. Beeld berig dat Eugene Marais sy vrou, Tania, aangerand en doodgesteek het voordat hy sy drie kinders (onderskeidelik vier, vyf en 11 jaar oud) slaappille
Lees verder: AWB-man vermoor sy vrou, gee kinders slaappille
SA bewillig troepe om SAR staande te hou
Waarskynlik die armste land in Afrika, die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) is op die rand om oorgeneem te word deur rebelle. Die land grens aan Suid-Soedan en die DRK, waar groter konflikte ook dreig. Suid-Afrika, sowel as die AU, het die president belowe dat hulle die hoofstad, Bangui uit die hande van die naderende afvalliges sal
Naspers-gorilla sit Afrikaners plat
Die debat rondom Naspers en Afrikaanse media wat Alpegro in Net één Afrikaanse koerantstem aanroer, mag nie sonder reaksie verbygaan nie. Saam met Alpegro smag ek ook na ‘n “verskeidenheid van insigte en menings” soos in die dae toe daar twee groot persgroepe in Afrikaans was. Laat niemand daaroor twyfel nie: daar was destyds veel
Gevaarlike virus: Natuurreservaat sluit
Beeld berig dat die Kalkfonteindam-natuurreservaat naby Fauresmith in die Vrystaat sy hekke tydelik gesluit het nadat die lewensgevaarlike Kongokoors-virus by ‘n werknemer gediagnoseer is. Johannes Ngwato (46), ‘n reservaat-assistent, is in die Rosepark-hospitaal in Bloemfontein opgeneem.. Die dagblad het berig dat dagbesoekers wat op Nuwejaarsdag by die dam kom uitspan het, stil-stil uitgelaat is, waarna
Taximan wat fietser doodry voor
Die taxibestuurder wat na bewering die bergfietskampioen Burry Stander doodgery het, sal binnekort in Port Shepstone se landdroshof verskyn op ‘n aanklag van strafbare manslag. Honderde fietsryers, familielede en vriende het die naweek aan die KwaZulu-Natalse suidkus hulde gebring aan die sportheld wat verlede week doodgery is. Die jaer het verlede jaar vyfde in die
Gratis klassieke Afrikaanse eboek deur C.M. van den Heever beskikbaar vir aflaai
C.M. van den Heever se Laat vrugte word as die beste klassieke plaasroman in Afrikaans beskou, ‘n aangrypende verhaal van botsing tussen vader en seun. Dit kan heeltemal gratis in PDF-formaat afgelaai word, hier. Фильчаков
Lees verder: Gratis klassieke Afrikaanse eboek deur C.M. van den Heever beskikbaar vir aflaai
Ongelykheid belemmer versoening, sê Zuma
Die ongelykheid tussen wit en swart huishoudings is “sleg vir versoening,” het pres. Jacob Zuma Sondag gesê. Zuma het by die afsluitingseremonie van die ANC se eeufeesjaar in Durban gepraat. “Die situasie dat wit huishoudings ses keer die rykdom van swart huishoudings het, behoort ‘n kwessie van die verlede te wees.” Zuma het verwys na
Soedan, Suid-Soedan probeer oliegeskil oplos
Die presidente van Soedan en Suid-Soedan kom vandag in Addis Abeba in Ethiopië byeen in ‘n poging om vordering te maak met ooreenkomste oor olie, die ekonomie en veiligheid wat daarop gemik is om die spanning tussen die twee lande te ontlont. Die vergadering tussen die Soedanese president, Omar al-Bashir en sy Suid-Soedannese ampsgenoot, Salva
Fietsrykampioen deur taxi gedood
Die fietsrylegende Burry Stander is in ‘n tref-en-trap ongeluk in KwaZulu-Natal dood. Stander is Donderdagmiddag vermoedelik deur ‘n taxi doodgery terwyl hy geoefen het. Fietsry Suid-Afrika het bevestig dat Stander (25) raakgery is deur ‘n taxi by Shelly Beach aan die KwaZulu-Natalse suidkus. Hy is op die toneel dood. “Dis inderdaad verskriklike nuus om 2013
