Fietsrykampioen deur taxi gedood

Die fietsrylegende Burry Stander is in ‘n tref-en-trap ongeluk in KwaZulu-Natal dood. Stander is Donderdagmiddag vermoedelik deur ‘n taxi doodgery terwyl hy geoefen het.

Fietsry Suid-Afrika het bevestig dat Stander (25) raakgery is deur ‘n taxi by Shelly Beach aan die KwaZulu-Natalse suidkus. Hy is op die toneel dood.

“Dis inderdaad verskriklike nuus om 2013 mee te begin. Burry was die toonbeeld van ‘n Olimpiese atleet – talentvol, uiters mededingend, maar terselfdertyd baie nederig en ‘n ware heer,” het Gideon Sam, president van Saskok, aan Nuus24 gesê.

“Saskok, die fietsrywêreld en die hele Suid-Afrikaanse sportgemeenskap betreur sy dood en stuur ons gebede aan sy vrou en sy familie.

Mike Finch, redakteur van Bicycling SA, het volgens Beeld gesê Stander is blykbaar voor sy fietswinkel, Concept Cyclery, omgery.

Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ‘n saak van strafbare manslag ondersoek word. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Олександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae