Soedan, Suid-Soedan probeer oliegeskil oplos

Die presidente van Soedan en Suid-Soedan kom vandag in Addis Abeba in Ethiopië byeen in ‘n poging om vordering te maak met ooreenkomste oor olie, die ekonomie en veiligheid wat daarop gemik is om die spanning tussen die twee lande te ontlont.

Die vergadering tussen die Soedanese president, Omar al-Bashir en sy Suid-Soedannese ampsgenoot, Salva Kiir vind plaas te midde van beskuldigings deur Suid-Soedan dat Soedan lug-en grondaanvalle op hom uitgevoer het.

Die VN-vredesmag kon nog nie die bewerings staaf nie.

Albei leiers hou vol dat hulle verbind is tot die ooreenkomste wat in September onderteken is. Verskeie kwessies, waaronder die betwiste olieryke Abyei-streek en olie-uitvoer, is geskilpunte sedert Suid-Soedan op 1 Julie 2011 onafhanklik geword het.

topcargo кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae