Die ongelykheid tussen wit en swart huishoudings is “sleg vir versoening,” het pres. Jacob Zuma Sondag gesê.
Zuma het by die afsluitingseremonie van die ANC se eeufeesjaar in Durban gepraat.
“Die situasie dat wit huishoudings ses keer die rykdom van swart huishoudings het, behoort ‘n kwessie van die verlede te wees.”
Zuma het verwys na die uitslae van die 2011 Sensus, wat aangetoon het dat wit huishoudings se inkomste gemiddeld ses keer hoër is as dié van swart huishoudings, en gesê dat die ongelykheid versoening moeilike maak.
“Dis sleg vir versoening en nasiebou en almal van ons, swart en wit, moet werk om so ‘n enorme gaping te verminder en uit te wis in die tweede fase van die revolusie in ons land.”
