Regering maan stakers tot kalmte

Wes-Kaapse werkers moet vreedsaam byeenkom en kalm bly wanneer hulle hierdie week met hulle stakings voortgaan, het Phumla Williams, ‘n regeringswoordvoerder, Maandag gesê.

“Hoewel werknemers die reg het om met hulle werkgewers te onderhandel oor kwessies wat verband hou met lone en werksomstandighede, word hulle aangemoedig om hulle te weerhou van geweld en intimidasie van ander werkers en die algemene publiek,” het sy in ‘n verklaring gesê.

“Die regering sal nie gewelddadige arbeidsgeskille duld nie en doen ‘n beroep op alle partye om altyd daarna te streef om tot ‘n gelyk te kom.”

William het gesê die regering het “kennis geneem” van ‘n beplande onwettige protesaksie deur plaaswerkers, ná meer as 1 500 werkers Sondag by De Doorns vergader het.

“Die regering vra burgers om hulle reg om te betoog op ‘n vreedsame en wettige manier te beofen.”

Cosatu se provinsiale sekretaris Tony Ehrenreich het gesê plaaswerkers sal die strate hierdie week invaar nadat onderhandelings met Agri SA en die regering misluk het.

“Ons is by die punt waar die mandaat van die werkers is om die staking te hervat op 9 Januarie 2013,” sê Ehrenreich.

Hy het gesê Agri SA en individuele boere kon nie ‘n ooreenkoms bereik met hul arbeid nie, en werkers het nie ‘n keuse nie, as om hul staking voort te sit.

Die staking is verlede jaar as gevolg van ‘n onderneming dat die onderhandelinge tussen verteenwoordigers van die werknemers en individuele boere sal voortgaan, eers opskort.

Ten minste twee mense is gedood tydens betogings in die landbougebiede tussen 27 Augustus 4 Desember verlede jaar.

Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae