Beeld berig dat Eugene Marais sy vrou, Tania, aangerand en doodgesteek het voordat hy sy drie kinders (onderskeidelik vier, vyf en 11 jaar oud) slaappille gegee het om te drink.
Die oudste dogter het dit nie gedrink nie en sowat 5 km ver gehardloop om te gaan hulp soek.
Marais (51) het reeds sy eie lewe geneem toe die polisie toegang tot die huis gekry het.
Die twee jonger kinders is na ‘n plaaslike hospitaal geneem waar hul mae uitgepomp is. Hulle is toe in die sorg van hulle grootouers geplaas.
Marais, ‘n voormalige lid van die AWB, en twee van sy vriende het ten tyde van die bus-aanval in 1990 sewe mense doodgeskiet en 27 ander gewond.
Die doodstraf is later aan hulle opgelê, maar hulle is begenadig, waarna Marais se vonnis in tronkstraf van 25 jaar omgeskakel is.
Hulle het net ‘n paar jaar uitgedien nadat die Waarheids- en versoeningskommissie (WVK) hulle amnestie toegestaan het.
