Gevangenes het Maandag omstreeks 16:00 oproerig geraak toe hulle geweier het om te eet en brande begin stig het.
Polisieversterkings van Vereeniging, Sasolburg en Welkom is ingeroep en skokgranate is gebruik om toegang tot die perseel te verkry.
Die SABC het berig dat die oproer in die maksimum-sekuriteit-vleuel begin het, toe 227 gevangenes hulle eenheid afgesper het en bewaarders verhoed het om dié deel van die tronk te betree.
Konst. Peter Kareli, ‘n polisiewoordvoerder, het aan die nuusagentskap Sapa gesê dat die situasie teen dagbreek weer rustig was.
“Ons gaan nou terug om die skade te bereken en om vas te stel wat tot die oproer gelei het,” het hy gesê.
Vyf personeellede by die tronk het ook geringe beserings opgedoen.
