Die G-8 skuld Afrika die geld wat hulle belowe het in 2005. Só sê die twee Ierse sterre Bono en Bob Geldof. Hulle het spesiaal na Berlyn in Duitsland gereis om hulle boodskap oor te dra.
Die Duitse Kanselier, Angela Merkel, is die voorsitter van die byeenkoms en sal ook as gasvrou optree vir die volgende spitsberaad van G-8 lande in Junie vanjaar. Na verwagting sal Afrika 700 miljoen Euro ontvang indien die beloftes wat Gerhard Schroeder, Merkel se voorganger, gedurende die 2005 Gleneagles-beraad in Skotland gemaak het, realiseer.
