President Mugabe het vandag sy weermag gemaan om Zimbabwe se natuurlike hulpbronne te beskerm, terwyl verkope van sogenaamde “bloeddiamante” deur Zimbabwiese soldate ondersoek word. “My boodskap aan u vandag is om lojaal te bly teenoor u land en om sy onafhanklikheid, soewereiniteit en natuurlike hulpbronne jaloers te bewaak,” het Mugabe tydens ‘n toespraak aan troepe
Taliban en die moord op Christen-hulpwerkers
Terwyl die wêreld nog geskok is oor die moord van tien mediese hulpwerkers in Afganistan word die ontleedmesse uitgehaal. En geen scenario lyk goed nie. Die tien buitelandse hulpwerkers was lid van die organisasie IAM, maar hierdie Christen-hulporganisasie is nie die enigste Christen-organisasie wat in die land betrokke is nie. Tradisioneel, selfs toe die Taliban
Mediavryheid: Twee kante van die munt
“ ‘n Mens kan nie wen teen hulle wat hul ink by die konka aanskaf nie.” Dit is ‘n afgetrede regter se woorde wat sy ongelukkigheid met ‘n plaaslike koerant “besleg” het deur maar die strydbyl te begraaf. Sy stille protes is om nie meer die koerant te koop nie. Die pen is magtiger as
Herrie se kerrie: Planne met inbrekers
Herrie lees van die vele voorvalle van inbrake by huise en ondernemings in Bethlehem waar die skelms toegang deur die dak gekry het. Gelukkig voorvalle, en nie afvalle nie, na aanleiding van die inbreker in Amerika wat deur die plafon geval het en toe ‘n suksesvolle eis teen die huiseienaars ingestel het vir die beserings
Op die trekpad
Die trekkers was heeltemal afhanklik van die trekosse en het hulle goed opgepas. Snags is soms groot vure gemaak om wilde diere weg te hou. ‘n Span het gewoonlik uit twaalf tot sestien osse bestaan, en elke os het sy eie naam gehad. In Tregardt se trek was daar ‘n Ribbok, Somer, Friesland, Rooiland, Wiegeland,
Redakteurs publiseer deklarasie oor mediavryheid
Die redakteurs van Suid-Afrika se vernaamste gedrukte publikasies het gister die volgende deklarasie in Engels uitgereik, wat hier deur ons vertaal word: Ons die titelredakteurs van Suid-Afrika se vernaamste publikasies en lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum, is diep besorg oor pogings om spraakvryheid en die vrye uitwisseling van inligting in ons land te beperk.
Lees verder: Redakteurs publiseer deklarasie oor mediavryheid
Wat het van Kenmekaar-byeenkoms geword?
Praag, op navraag is ek meegedeel dat die Kenmekaar-byeenkoms van Afrikanerorganisies wat vir Saterdag 7 Augustus in Pretoria beplan is, onbepaald uitgestel is. Die doel van die konferensie was glo om gedagtes te wissel oor die beplande verkiesing vir ‘n eie Afrikanerowerheid volgende jaar. Ek wou die vergadering bywoon as verteenwoordiger van Vrydenk Afrikaner
Wat gee die nedia vir mediavryheid om?
In die onlangse debat oor mediavryheid in Suid-Afrika en die ANC se moontlik inkorting daarvan, is daar oor een kardinale kwessie geswyg, naamlik die rol van die media self. Beskik die Suid-Afrikaanse media, met hul geskiedenis van politieke en etniese propaganda – veral anti-Afrikaner-propaganda – oor enige morele kapitaal om beswaar teen groter regeringsbeheer oor
Afname in terreur – of nie
Die afgelope jaar het minder terreuraanvalle en terreursterftes as die afgelope vier jaar opgelewer, aldus die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake. Altesaam 14 971 mense het omgekom in 10 999 aanslae. Volgens die departement is Al Kaïda steeds die VSA se grootste bedreiging. Of veel waarde aan hierdie afname geheg kan word, sal net die
Polisie betrokke by veediefstal
“Die Christen-Demokratiese Party (CDP) is geskok deur die nuus dat polisielede betrokke is by die meeste veediefstalgevalle in die Vrystaat. Volgens die jongste beskikbare syfers verloor Vrystaatse boere jaarliks sowat R170 miljoen aan vee- en oesdiefstal. Boonop word sowat R44 miljoen se gereedskap en implemente elke jaar vasgelê,” sê ds. Theunis Botha, leier van die
