‘n Volledige verslag wat die redes vir die vorming van die gat wat Dinsdag in Oxfordweg voorgekom het, sal volgende week bekend gemaak word, het die Johannesburgse Paaieagentskap (JPA) gesê.
Lees verder: Verslag oor Dinsdag se sinkgat volgende week verwag


'n Derde divisie speler in Duitsland is vir vyf wedstryde weens 'n rassistiese uitlating geskors terwyl justisie-owerhede 'n kriminele ondersoek gelas het na 'n "verdagte belediging met xenofabiese motiewe".
Die voorsitter van die Gelykwaardigheids- en Menseregtekommissie het gewaarsku dat Brittanje die risiko loop dat teen-immigrantesentiment aangeblaas kan word, tensy aktiewe stappe gedoen word om diegene wat die hardste deur die ekonomiese krisis getref is — die wit werkersklas — te help.
15:30:55 Vanjaar is die sestigste jaar van onvrede in Afrika waarin miljoene mense sedert die Tweede Wêreldoorlog in die haglikste omstandighede in Afrika gesterf het.
14:19:33 'n Taxibestuurder is in 'n kritieke toestand nadat hy uit sy taxi gegooi is en op die M1-snelweg te lande gekom het by 'n oorbrug.