Die voorsitter van die Gelykwaardigheids- en Menseregtekommissie het gewaarsku dat Brittanje die risiko loop dat teen-immigrantesentiment aangeblaas kan word, tensy aktiewe stappe gedoen word om diegene wat die hardste deur die ekonomiese krisis getref is — die wit werkersklas — te help.
Trevor Phillips se waarskuwing kom net voor vandag se konferensie oor immigrasie, waar hy op 'n paneel saam met die Minister van Immigrasie, Phil Woolas sal dien. Die konferensie volg op voorstelle dat die Verenigde Koninkryk se bevolking op 70 miljoen getroef moet word. Phillips se argument is dat so 'n stap verkeerd en onforseerbaar is.
Hy sê na 40 jaar waarin dit onvanpas was om reguit oor die imigrasiebeleid te praat, moet die VK die fundamentele aspek van die ekonomiese beleid sonder verleentheid aanspreek of sonder vrees om as in-die-kas-rassiste of oopgrensdromers geëtiketeer te word.
Immigrasie Minister Phil Woolas het vroeër die maand belowe dat die VK se bevolking nie hoër as 70 miljoen sal styg nie. Woolas wat minister geword het in dié maand se kabinetskommeling, het 'n vlatert in die gesig gekry deur die welwillendheid van 'n lid van die pro-migrasiegroep, Manchester No Borders, tydens 'n debat by die Manchester Universiteit.
play free slotsАлександр Фильчаков