Duitse sokkerspeler weens rassisme geskors

Image'n Derde divisie speler in Duitsland is vir vyf wedstryde weens 'n rassistiese uitlating geskors terwyl justisie-owerhede 'n kriminele ondersoek gelas het na 'n "verdagte belediging met xenofabiese motiewe". 

Torsten Ziegner van Carl-Zeiss Jena, is laat in die wedstryd teen Eintracht Braunschweig afgestuur na 'n rassistiese uitlating teen Kingsley Onuegbu, wat 'n Nigeriër is. Ziegner het Onuegbu na die wedstryd om verskoning gevra en gesê die belediging is in die "hitte van die stryd" gemaak.

Hy het ook Dinsdag se skorsing deur die Duitse sokkerfederasie sonder appél aanvaar, gesê hy is jammer dat hy beheer verloor het en ontken dat hy 'n rassis is.

Polisie in Braunschweig sê hulle het 'n ondersoek gelas na berigte oor die voorval in die media.   

play free gamestopcargo

Maak 'n opvolg-bydrae