praag.co.za

Moslems woedend oor “Museum van Verdraagsaamheid”

Die Moefti van Jerusalem, Sheik Mohammed Hussein, het die hof se beslissing 'n "ernstige besluit" genoem wat "Moslems se heilige terreine skade aandoen".

Hy sê dit is moeilik om te glo dat die projek se promotors 'n Museum van Verdraagsaamheid wil oprig, waarvan "die konstruksie neerkom op 'n daad van aggressie".

Die Hooggeregshof het Woensdag die appèl van twee Moslem-organisasies verwerp waarin beswaar gemaak is dat die museum oor 'n gedeelte van 'n antieke Moslem begraafplaas opgerig gaan word.

Die Nazi-jagter Simon Wiesental-Sentrum is die hoofpromotor van die museum wat deur die bekende Amerikaanse argitek, Frank Gehry ontwerp is.

Die dekaan van die sentrum, Rabbi Marvin Hier, sê matigheid en verdraagsaamheid het op die hof se uitspraak geseëvier. Hy sê al die burgers van Israel, Jode  sowel as nie-Jode, is die werklike begunstigdes van die besluit.      

светильникиДанильченко Юрий Брониславович компромат

Comments

Leave a Reply