Japan, die wêreld se 2de grootste ekonomie, het ‘n pakket van miljarde aangekondig om sy ekonomie te ondersteun, terwyl Duitsland dieselfde gaan doen.
Die pakkette sluit hulp aan voertugvervaardigers en plekke wat geboue restoureer in, sowel as belastinghulp, waarmee maatskappye deel van hulle beleggings kan afskryf.
Regerings is desperaat om maatreëls in plek te kry om hul ekonomieë te beskerm teen die resessie, wat volgens statistieke groot dele van Europa, wat die euro gebruik, getref het.
Ekonomiese sentiment in die 15 nasie blok het tot die laagste vlak sedert 1993 gedaal, het amptelike data gewys.
Die Internasionale Monetêre Fonds het gesê hy is meer bekommerd oor die markte wat verlangsaam as oor die plofbaarheid van die markte. Die IMF het gesê dat hy nuwe maatreëls mag voorstel by volgende maand se vergadering van die groep van 20 voorste lande.
Pakistan se voorste ekonomiese adviseur het gesê die land het geen ander alternatief as om geld te leen nie, om die kwynende buitelandse reserwes en balans van betalings krisis te hanteer.
Regoor die wêreld pas lande enige metodes toe om seker te maak dat ekonomieë nie platval nie.
Rusland se Staatsbank het gesê dat aansienlike bedrae in die aandelemarkte ingepomp gaan word, om aandele se pryse te ondersteun.
Japan sal na verwagting Vrydag Amerika en China se voorbeeld volg en rentekoerse verlaag, terwyl die Europese Sentrale bank, Brittanje en Australië blykbaar volgende week dieselfde stap sal implementeer.
Hongarye, Taiwan, Hong Kong, Noorweë en ‘n klompie Golfstate het dit ook reeds gedoen.
Amerika het Woensdag sy rentekoerse met 1 % gesny in ‘n poging om die ekonomie op sy voete te help.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.