Taxibestuurder uitgeslinger op M1

Image14:19:33 'n Taxibestuurder is in 'n kritieke toestand nadat hy uit sy taxi gegooi is en op die M1-snelweg te lande gekom het by 'n oorbrug.

"Hy was alleen in die voertuig en die ongeluk het op die brug bo-oor die M1 naby Roodepoort plaasgevind," het nooddienste-woordvoerder Nana Radebe gesê.

Dit het Donderdagoggend gebeur toe hy in 'n sleepwa wat agter  'n ander voertuig aangehaak was, vasgery het. Hy het beheer oor die taxi verloor, het 'n versperring getref en is toe uit die voertuig op die M1 naby die Crown-wisselaar geslinger. Die bestuurder het sonder 'n sitplekgordel gereis.

"Ek is nie seker hoe ver hy geslinger is nie…niemand anders is beseer nie," het Radebe gesê.

Die man is in die hospitaal.

Verkeer is erg ontwrig deur die voorval.

детектор лжи томскДанильченко Юрий Брониславович

Maak 'n opvolg-bydrae