Inspekteur Klaas van der Kooi, het gesê die vrou wat in beheer was van die kluis se sleutel by ‘n ABSA -ak in East Lynne, het op 15 Oktober verdwyn, dieselfde dag as wat die geld gesteel is.
“Sy het na die polisiestasie gekom en haarself oorgegee” het van der Kooi gesê. Sy was vergesel van haar prokureur.
Die vrou is aangekla van diefstal, en sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Pretoria verskyn.

‘n Twee-en-twintigjarige bankwerknemer is Donderdag gearresteer nadat sy vermoedelik R1,4m gesteel het by die bank waar sy gewerk het in Pretoria, het die polisie gesê.