Hy voer aan dat dr. Roodt se skrywe op een of ander onverklaarbare wyse Watson en "ander etniese groepe" soos hy dit noem, se menings oor Afrikaners regverdig.
Dankie, Luke Watson
Ek was nog altyd ongemaklik met die woorde wat ek gebruik wanneer ek na mense verwys wat menings, anders as my eie, huldig.
Amerikaanse ekonomie reeds in ongevalle, s? voormalige reserwebankbaas
Die Amerikaanse finansiële stelsel is reeds in die ongevalle-afdeling en sal na die intensiewesorgeenheid verplaas word, het Paul Volcker, die voormalige voorsitter van die Amerikaanse reserwebank, vandag in Singapoer gesê.
Lees verder: Amerikaanse ekonomie reeds in ongevalle, s? voormalige reserwebankbaas
Swart kan ook te wit wees vir Afrika
Albino's word hoog op prys gestel in Tanzanië – vir hulle liggaamsdele en bloed.
Richard Ciza is verlede week deur bure gewaarsku dat 'n bende na hom op soek is, waarna hy gevlug het en vir twee dae in die woude in oostelike Burundi gaan skuil het.
Die 19-jarige albino het geweet dat hy vermoor sou word as dié bende hom in die hande gekry het.
"Van die bure het my kom waarsku en ek het net gevlug" het Ciza wat in die Ruyigi provinsie woon vertel.
ANC skors vyf seniorlede in Weskaap
Die ANC in die Weskaap het 5 senior lede op streeksvlak op Dinsdag geskors omdat hulle die party en die eenheid daarbinne ondermyn het.
Die nuutverkose provinsiale sekretaris, Mcebisi Skwatsha het gesê die 5 lede sluit in Mbulelo Ncedana en Ebrahim Sawant, die geskorsde adjunk sekretaris van Dullah Omar se ANC streek in die Weskaap.
Motata is ‘n ‘dronk kaffer’
Die eienaar van die woning in Hurlingham waarteen regter Nkola Motata gebots het, het hom 'n "dronk kaffer" genoem, het 'n metropolisielid in die Johannesburgse Hooggeregshof getuig.
Roodt se mening is pateties en swak
14:08:39 Ek dink die artikel deur Dan Roodt is pateties en swak om die minste te sê. Deur hierdie stellings te maak, regverdig hy die Watsons en ander etniese groepe se uitlatings oor Afrikaners en stel hy homself op dieselfde lae vlak as Watson.
VF Plus eis dat SARU teen Luke Watson optree
11:56:45 Die VF Plus eis dat die Suid-Afrikaanse Rugbyraad teen Luke Watson optree en seker maak dat hy nooit weer vir Suid-Afrika en
die Springbokspan speel nie.
Man in hospitaal n? kabeldiefstal
10:56:02 'n 54-jarige man herstel tans in die hospitaal ná 'n woedende skare inwoners van Soshanguve hom aangeval het omdat hy besig was om koperkabels te sny, het die Pretoriase polisie laat weet.
Was Milan Kundera ‘n Rooi spioen?
Tsjeggese skrywer, Milan Kundera, mag sy status as een van Oos-Europa se beste skrywers kwyt wees. Volgens die staatsbefondste Instituut vir die Studie van Totalitêre Regimes, 'n Tsjeggiese navorsingsinstituut, het Kunders op die ouderdom van 21 'n student gaan verkla daarvan dat hy 'n spioen sou wees.
