Amerikaanse ekonomie reeds in ongevalle, s? voormalige reserwebankbaas

ImageDie Amerikaanse finansiële stelsel is reeds in die ongevalle-afdeling en sal na die intensiewesorgeenheid verplaas word, het Paul Volcker, die voormalige voorsitter van die Amerikaanse reserwebank, vandag in Singapoer gesê.

Volcker het in 'n lesing gepraat en gesê gaan dit 'n wyle in die intensiewesorg verkeer voordat dit beter word. Die prentjie wat hy van die huidige ekonomiese toestande skilder, is baie donker.

Die krisis wat in Amerika begin het, het 'n globale probleem geword wat globale oplossings vereis.

Hy sê dit wil voorkom asof die VSA  in 'n resessie is, en het vrese uitgespreek dat Europa in dieselfde toestand verkeer, maar hy het hoop dat maatreëls deur die regerings van regoor die wêreld die toestand van korte duur sal maak.

Hy voel dat die hulpmaatreëls "onsmaaklik" is, omdat dit nie strook met kapitalisme nie, maar het bygevoeg dat dit noodsaaklik was in die huidige omstandighede.

Volcker het gepraat voor akademici by die Lee Kuan Yew-skool vir openbare beleid.

Europese regerings het dié week reddingspakkette bekendgemaak ten bedrae van meet as een triljoen dollar vir instansies wat in finansiële moeilikheid is.

President George W. Bush van Amerika het vandag nuwe stappe aangekondig om die globale finansiële krisis te aan te spreek, insluitende die gebruik van 'n deel van die 700-miljarddollarhulppakket om aandele in banke te koop.

Volcker, wat voorsitter van die reserwebank was van 1979 tot 1987, sê dat verskeie ander groot krisisse oor die laaste 25 jaar al plaasgevind het, en hulle is altyd oorkom sonder te veel skade aan die ekonomie, maar dié keer is dit anders.

Volcker glo dat die ekonomie nie dié keer sonder groot skade anderkant gaan uitkom nie.

Volgens hom vertoon die krisis 'n paar groot, nie-volhoubare neigings in die wêreldekonomie, veral dié van Amerika.

Amerika het meer bestee as wat sy geproduseer het, en het nou gevolglik 'n groot lopende-ekeningtekort teenoor die wêreld, veral Asië.

Volckers is nou die voorsitter van die raad van trustees van die Groep van Dertig, 'n nie-winsgewende organisasie wat poog om internasionale ekonomiese sake meer verstaanbaar te maak.

free bet sites no depositФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae