Madagaskar werp nou alles in sy mynsektor om armoede te probeer uitwis, maar daardeur verhoog die risiko’s vir die land se maatskaplike sektor en omgewing geweldig. Dit is ook geen uitgemaakte saak dat die insette die winste sal regverdig nie.
VSA verhoog Predatoraanvalle op Pakistan
Die Withuis het besluit om nie meer spesiale magte aan te wend om vanuit Afghanistan oorgrensoperasies in Pakistan uit te voer nie. In stede van die oorgrensoperasies word afstandbeheerde Predatorvliegtuie gebruik om lugaanvalle op Pakistanse burgers te loods.
Minderheidsvolke se soewereiniteit: ?n Standpunt
“Vryheid is nie ‘n toestand wat deur een of ander sosiale kontrak tussen staat en burgers beding moet word nie, dit is ook nie ‘n voorreg waarvoor mens dankbaar moet wees nie. Vryheid is gesetel in die inherente outonomie wat elke individu besit; ‘n onvervreembare sosiale reg wat onlosmaakbaar in die menslike psige gewortel is.” (Mahatma Ghandi)
Lees verder: Minderheidsvolke se soewereiniteit: ?n Standpunt
Kwaitosanger ondergaan reinigingsritueel
07:02:29 Die Sunday Sun berig dat die kwaitosanger Mandoza onlangs die dienste van 'n sangoma ingeroep het om hom met sy probleme te help. Daar is tans 'n klag van strafbare manslag teen sy naam, terwyl gerugte van dwelm- en drankmisbruik ook die rondte doen. Daarby verkoop sy musiek ook nie te fluks nie.
Kies die regte terrein
Die militêre geskiedkundige, Theodore Ayrault Dodge, het die volgende oor die Slag van Cannae geskryf: “Min veldslae van die antieke era word deur groter vermoëns gekenmerk… as die Slag van Cannae. Die ligging was van so ‘n aard dat alles in Hannibal se guns was. Die wyse waarop die ver van perfekte Spaanse en Galliese voetsoldate in ‘n esjelonwig vorentoe beweeg het… om hul posisie te hou en toe tree vir tree terug te val totdat hulle die teenoorgestelde posisie bereik het, is ‘n eenvoudige meesterstuk van militêre taktiek. Die opmars by die mees geleë oomblik van die Afrika-infanterie met sy regs- en linksomkeer op die flanke van die toe-onordelike en saamgepersde Romeinse legioene, is ver bo prys. Die hele veldslag, vanuit die Kartaagse perspektief, is ‘n volkome kunswerk met geen meerdere en min gelyke voorbeelde in die geskiedenis van oorlog.”
Hezbollah ontken dat leier vergiftig is
Die Libanese Sjiïtiese militante beweging Hezbollah het gerugte ontken dat sy leier, Hassan Nasrallah vergiftig is. Galeb Abu Zainab, 'n lid van Hezbollah se politieke buro sê die storie is uit die duim gesuig en bloot 'n gerug.
Hongersnood in noorde van Kongo neem toe
16:46:45 Die Wêreldvoedselprogram sê gevegte in die Kongo se Noord-Kivuprovinsie het sedert Augustus 200 000 mense uit hulle huise verdryf.
Blanke vroue uitgesluit van rassevoorkeurstelsel
Wit vrouens behoort nie deel van die beleid van "indiensnemingsbillikheid" te wees nie en moet ook nie as 'n onderskeidende groep geklassifiseer word wat hulle vir regstellende aksie geskik maak nie, omdat apartheid nie teen hulle gediskrimineer het nie.
Lees verder: Blanke vroue uitgesluit van rassevoorkeurstelsel
Uitbraak van cholera in Guinee-Bissau
16:49:07 Die Verenigde Nasies sê meer as 12 220 mense is in Guinee-Bissau met cholera besmet en 201 is aan die siekte dood. UNICEF woordvoerder Veronique Taveau sê die uitbraak van die siekte in dié Wes Afrikaland is uiters moeilik om te beheer.
Zambiese waarnemende president vra vir vreedsame verkiesing
Lees verder: Zambiese waarnemende president vra vir vreedsame verkiesing
