praag.co.za

VSA verhoog Predatoraanvalle op Pakistan

Die aanvalle het in die laaste drie maande skerp toegeneem. Daar was reeds 18 sulke aanvalle sedert die begin van Augustus 2008. Desnieteenstaande het amptenare laat blyk dat lugaanvalle nie die weerstand in afgeleë gebiede sal breek nie.

Die besluit om eerder Hellfire-missiele vanaf die Predator te vuur is 'n aanduiding dat oorgrensoperasies onder die uitgaande Bush-bewind nie meer 'n opsie is nie, terwyl kenners meen dat dit die enigste manier was om die weerstand en hulp vir Afghaanse rebelle uit Pakistan werklik af te takel.

Aanvalle uit Pakistan het die afgelope jaar met 30% toegeneem. Alhoewel die Pakistanse regering nie toestemming verleen het vir die Predatoraanvalle nie, sê Amerikaanse amptenare dat dit vir hulle meer aanvaarbaar skyn te wees as hakkejagte.

Die CIA het volgens ingeligte bronne toestemming verkry om afluisteroperasies in die grensgebied te doen. Die doel daarvan is om militantes vas te trek en vragmotors wat vuurpyle na Afghaanse rebelle vervoer te vernietig. Van die Predatoraanvalle vind so diep soos 40km binne Pakistan van die grens af plaas.

Op 16 Oktober is 'n hooggeplaasde Al Kaida-leier, Khalid Habib, gedood in só 'n aanval.установка внутреннего освещенияФильчаков Александр Васильевич

Comments

Leave a Reply