Maar ná 'n reinigingsritueel waarin offers gebring is om die geeste van sy voorvaders gelukkig te hou, is hy meer hoopvol dat sy moelikhede iets van die verlede is. Verlede Saterdag is bokke en hoenders geslag, en het die bloed en tradisionele bier gevloei aan huis van sy pa in die Jabulani-woonbuurt in Soweto.
Mandoza het ook as deel van die ritueel sy pa se van aangeneem in die plek van dié van sy ma. Hy dra ook nou 'n tradisionele bokvelarmband om sy gewrig, gemaak van die vel van een van die bokke wat aan sy voorvaders geoffer is.
Nog 'n sangoma het kommentaar gelewer en gesê dat drie bokke nie genoeg was vir iemand van Mandoza se statuur nie.
'n Ander kwaitosanger, ene L'vovo Derango, het ook verlede week so 'n reinigingsritueel in Newcastle ondergaan. Volgens Derango is dit 'n manier om respek aan jou voorouers te bewys en sal hy voortgaan om elke jaar 'n bok vir dié doel te slag, iets waarvan bokboere dalk kennis moet neem.
Mandoza was slegs 16 jaar oud toe hy 18 maande tronkstraf vir voertuigdiefstal moes uitdien. Daar was ook al berigte dat die kwaitosanger aan 'n onbekende siekte ly, wat hy voorheen ontken het.
Net die tyd sal leer hoe gelukkig sy voorvaders met hul offerande was.
