Hezbollah ontken dat leier vergiftig is

Die Libanese Sjiïtiese militante beweging Hezbollah het gerugte ontken dat sy leier, Hassan Nasrallah vergiftig is. Galeb Abu Zainab, 'n lid van Hezbollah se politieke buro sê die storie is uit die duim gesuig en bloot 'n gerug.

Die Irakese webwerf, Almalaf, het Woensdag berig dat Sjeik Hassan Nasrallah verlede week vergiftig is en dat Iran se dokters na Libanon gehaas is om sy lewe te red.

Dit het onvermelde bronne aangehaal wat sê dat Israel vir die sluipmoordaanval verantwoordelik is. Zainab sê die enigste party wat voordeel uit die gerugte kan trek, is Israel se intelligensiediens.

Nasrallah skuil in Beirut sedert die Julie 2006 oorlog met Israel. Hy verskyn selde in die openbaar uit vrees vir Israeli sluipmoordaanvalle. Sy voorganger, Abbas al-Musawi is in 1992 in 'n lugaanval van Israel in suid-Libanon dood.

Nasrallah se militêre bevelvoerder, Imad Mughniyeh is in Februarie vanjaar in 'n sluipmoordaanval in Damaskus dood. 

goldлобановский александр дети