Taveau sê meer as die helfte van die gevalle kom in die hoofstad Bissau voor, maar die siekte het sedert die middel van Mei in al die provinsies versprei.
Sy sê beamptes vrees dat cholera verder kan versprei as gevolg van 'n verkiesingsveldtog wat na verwagting groot skares in onhigiëniese toestande gaan saamtrek. VN humanitêre woordvoerder, Elisabeth Byrs, sê die Verenigde Nasies bestee reeds $1 miljoen om die uitbraak van cholera te bestry.

16:49:07 Die Verenigde Nasies sê meer as 12 220 mense is in Guinee-Bissau met cholera besmet en 201 is aan die siekte dood.