Zambiese waarnemende president vra vir vreedsame verkiesing

Zambië se waarnemende President Rupiah Banda, het 'n beroep vir vrede en eenheid gedoen voor aanstaande week se presidensiele verkiesing, waarin hy een van die voorlopers is.

Banda het sy landgenote aangemoedig om Dinsdag in groot getalle te gaan stem om 'n plaasvervanger te kies vir President Levy Mwanawasa, wat op 19 Augustus aan beroerte dood is.

Banda sê hulle is hoopvol vir die toekoms en selfs al het doemprofete chaos na die dood van Mwanawasa voorspel, is Zambiërs daarin verenig dat regsvoorskrifte nagekom sal word in die aanwys van 'n opvolger.

Hy sê Zambië het  sedert onafhanklikheid van Brittanje 44 jaar gelede vrede, stabiliteit en eenheid geniet. Banda het 'n beroep op die Verkiesingskommissie gedoen om vrye en regverdige verkiesings te hou, te midde van bewerings deur die opposisie dat met die stemmery geknoei gaan word.

Opposisiepartye het vrese uitgespreek dat met die stembriewe gepeuter gaan word, maar verkiesingsbeamptes het dit afgemaak.

Zambië se hoof opposisieleier, Michael Sata, sê hy sal nie die verkiesingsuitslae aanvaar as hy vermoed dat daarmee geknoei is nie. Sata maak daarop aanspraak dat hy die mees  geskikte kandidaat is om die verkiesing te wen.

Ander kandidate in die wedloop is Hakainde Hichilema, van die Verenigde Party vir Nasionale Ontwikkeling en Godfrey Miyanda, van die Erfenis Party.

game casino downloadФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae