Charles Vincent, die nuwe direkteur van die WVP se Geneve-kantoor, sê tussen 1,4 miljoen en 2 miljoen mense in totaal is in Noord-Kivu ontwortel.
Dié syfer sluit diegene in wat deur vroeëre gevegte in 2007 ontwortel is. Vincent sê mense in die oostelike Kongo raak al hoe meer ondervoed en beamptes berig dat sommiges aan honger dood is. Vincent het aan die media gesê die agentskap het 'n tekort van 33 000 ton voedsel vir die land en benodig $46 miljoen aan skenkings om dit te koop.

16:46:45 Die Wêreldvoedselprogram sê gevegte in die Kongo se Noord-Kivuprovinsie het sedert Augustus 200 000 mense uit hulle huise verdryf.