Die huis van Jean-Pierre Bemba, voormalige vise-president, rebelleleier en verslane kandidaat in die onlangse verkiesings in die Demokratiese Republiek van die Kongo, word tans omsingel deur weermagsoldate, asook tenks van die VN.
Vakansie met ‘n verskil
’n Groep Nederlandse en Suid-Afrikaanse kunstenaars het met ’n nuwe plan na vore gekom om geld uit toeriste se nuuskierigheid te maak. Besoekers kan voortaan in die middestad van Johannesburg uitkamp. Die projek staan bekend as “Cascoland” en gee aan toeriste die kans om kennis te maak met Johannesburg se misdaad en onwettige immigrante.
VS-ambassadeur stap uit vergadering met Zim-regering
Die Verenigde State se ambassadeur in Zimbabwe het gister uit ’n vergadering met daardie land se buitelandse minister gestap nadat dié gewelddadige optrede teen opposisielede probeer regverdig het, luidens ’n verklaring van die Amerikaanse departement van Buitelandse Sake.
Ambassadeur Christopher Dell is tesame met ander Westerse gesante na ’n vergadering met Simbarashe Mumbengegwi, buitelandse minister van Zimbabwe, ontbied wat diplomate gewaarsku het om “stil te bly” oor die opposisie-onderdrukking of uitsetting in die gesig te staar, aldus Sean McCormack van die Amerikaanse buitelandsesakedepartement. Dell het “om die versekering gevra dat die diplomate die geleentheid gegun sou word om te reageer,” lui die verklaring.
Lees verder: VS-ambassadeur stap uit vergadering met Zim-regering
Die Weste se vernedering in Irak?
“’n Wet van Mede en Perse” sê ons steeds as daar na ’n absolute wet verwys word. Waar kom die gesegde vandaan, en hoekom is dit steeds deel van ons taal? En waarom verwys die gesegde na die Perse, wat die beskaafde wêreld meer as twee duisend jaar gelede oorheers het?
Suid-Afrika het ‘n mal plek geword
Die waterslang en die profeet
Tony Yengeni se seun gekaap
Mbeki se ‘kaffer’-brief
Mbeki se brief op ANC Today van verlede Vrydag waarin hy herhaaldelik die woord “kaffer” besig, spreek van sy onbevoegdheid om ’n multi-etniese land soos Suid-Afrika te regeer. Pleks dat hy verdraagsaamheid en respek tussen gemeenskappe bevorder, is hy besig om op die donkerste rassegevoelens van veral die swart bevolking te speel.
Die rede vir Mbeki se patetiese vertoning as staatshoof is nie ver te soek nie: sy mislukkings op die misdaadfront en wat sy benadering teenoor Zimbabwe betref, skrei ten hemele. Pleks dat sy regering daadwerklike stappe doen om die geweldsmisdaad te bekamp wat die land verskeur, het hy aanvanklik die bohaai oor misdaad as ’n blote “persepsie” afgemaak. Toe dit nie werk nie, val hy nou weereens terug op die holruggeryde geteem oor rassisme.
Brittanje vra vir Veiligheidsraadsessie oor humanit?re toestand in Zimbabwe
Brittanje se VN-ambassadeur het gister vir ’n Veiligheidsraadvoorligtingsessie oor die humanitêre situasie in Zimbabwe gevra, met verwysing na die onlangse aanval op die land se opposisieleier, aanhoudende verdrukking en ’n ekonomiese ineenstorting.
Emyr Jones Parry het gesê dat hy voorligting van die VN-sekretariaat aanvra vanweë “die onmoontlikheid van die situasie”, wat ’n inflasiekoers van 1740 persent insluit, asook die implikasies vir die gewone mense van Zimbabwe en potensiële invloed op die streek.
In ’n ander verklaring het hy gesê dat Brittanje – Zimbabwe se vorige koloniale heerser – ook ’n volle bespreking oor onlangse gebeure in die land by die VN-menseregteraad in Genève aanvra.
Lees verder: Brittanje vra vir Veiligheidsraadsessie oor humanit?re toestand in Zimbabwe
Mbeki kla oor rassisme
Die uitdaging van rassisme moet “eerlik en vreesloos” aangespreek word, meen pres. Thabo Mbeki in gister se weeklikse ANC Today-nuusbrief. Volgens hom is rassisme “’n daaglikse verskynsel in ons lewens, ’n demoon wat uitgedryf moet word” ter wille van nasionale versoening.
“Die gunsteling woorde wat gebruik word om enige bespreking van rassisme in hierdie land te beëindig of te verhoed, is ‘moenie die rassekaart speel nie,’” het hy voorts gesê.
