Vakansie met ?n verskil

Sean Cooley het besluit om in ’n luukse hotel in Kwazulu-Natal te gaan uitspan toe dinge lelik vir hom skeefgeloop het. “Dit klink soos iets wat jy in ’n film sien – jy gaan na ’n hotel om vakansie te hou, word ontvoer en dan 100 km verder afgelaai,” het hy gister gesê, veilig terug by sy huis in Bryanston, Johannesburg.

Cooley se ongelukkige ervaring het verlede Sondagaand begin toe nege mans, gewapen met ’n  AK-47, ’n haelgeweer en 9 mm pistole kort voor middernag in Mkuze by die viersterhotel, Ghost Mountain, opgedaag het. Hulle het Cooley se Landrover Freelander geneem, asook ’n ander gas se minibus. Hulle het die ontvangsdame toe gedwing om die voertuigeienaars wakker te maak. “Ons het ’n oproep van ontvangs gekry om te sê ons moet die motoralarms kom afskakel,” vertel Cooley. Toe hy, ’n vriend en die minibuseienaar by die ontvangsarea instap, is hulle onmiddellik deur die nege boewe omring. Hulle kamers is ook deurgegaan. Die motorsleutels en ’n klomp ander items is gesteel.

Meer as ’n uur later was die diewe uiteindelik gereed om met die gesteelde motors asook die hotel se twee viertrekvoertuie vir wildbesigtiging te vertrek. Die drie hotelgaste, die ontvangsdame en drie veiligheidswagte is in die minibus geboender. Die konvooi het toe teen ’n ongelooflike snelheid na die Mosambiekse grens gejaag, sowat 150 km verder. “Hulle het die hele tyd teen 160, 170 km op daardie vreeslike pad gejaag,” vertel Cooley. “Hulle het gesê: ‘Vanaand gaan julle dood.’”

Teen 02:30, naby die grens, het die konvooi verby ’n polisiepatrollie verbygery. Die polisie het agtergekom daar is fout en die konvooi motors agternagesit. Die boewe het toe die pad verlaat, die voertuigligte afgeskakel en gevlug. Die sewe ontvoerdes is ongedeerd gevind en die polisie het hulle na die naburige polisiestasie geneem. Al die voertuie en sommige van die gesteelde items is teruggevind.

Cooley is krities oor die gebrek aan patrollies op die Mosambiekse grens. “Waarom word die grens nie behoorlik gepatrolleer nie? Die polisie het aan ons gesê dat daar nie eers ’n heining is nie. Ons kan troepe na die DRK stuur, maar kan nie ons eie grense patrolleer nie.“ Die polisie het voorts vir Cooley gesê dat alhoewel ontvoerings nie algemeen is nie, motordiewe gereeld voertuie in Gauteng steel of kaap en dan “vier of vyf keer ’n nag“ die grens oorsteek om die motors in Mosambiek te verkoop.

справка формалобановский александр отзывы

Vakansie met ‘n verskil

’n Groep Nederlandse en Suid-Afrikaanse kunstenaars het met ’n nuwe plan na vore gekom om geld uit toeriste se nuuskierigheid te maak. Besoekers kan voortaan in die middestad van Johannesburg uitkamp. Die projek staan bekend as “Cascoland” en gee aan toeriste die kans om kennis te maak met Johannesburg se misdaad en onwettige immigrante.

Die ambisieuse organiseerders beoog om met hulle projek misdaad te bekamp en “grense” tussen ryk en arm af te breek. Vir die skamele bedrag van R25 kan gaste in tente slaap, op die dak van ’n ou militêre kaserne. Oorpluisies word uitgedeel om te keer dat geweerskote, Kongolese diskomusiek en ander straatgeluide die besoekers in hulle slaap steur. Soggens word ontbyt in die tente bedien en gaste kan dan, vergesel van gidse wat hulle teen aanvallers beskerm, die buurt verken.

Image

Toeristiese Johannesburg

Die gidse verduidelik aan die toeriste hoe die stad se informele ekonomie funksioneer en stel besoekers voor aan inwoners, wat wissel van onwettige immigrante tot prostitute. “Ons wil die versperrings tussen mense afbreek en die mentaliteit van mure en heinings in Suid-Afrika uitdaag,” aldus Roel Schoenmaker, ’n Nederlandse kunstenaar en een van die stigters van Cascoland. Die kunstenaars moedig plaaslike inwoners aan om vir die toeriste te dans, hulle motors reg te maak en kos te kook.

Volgens Fiona de Bell, een van die mede-stigters van Cascoland, sal die projek waarskynlik weinig “langtermynimpak” hê.

Dit is onbekend hoeveel onwettige inwoners daar in Johannesburg se middestad en omstreke is. Op die foto hier langsaan kan mens ’n tipiese woonstelgebou in Berea sien. Die San Jose-blok met sy sestien verdiepings is in 2000 deur sy oorspronklike eienaars aan sy lot oorgelaat, nadat hordes onwettige inwoners hulle intrek geneem het en geweier het om huur aan die regmatige eienaars te betaal. Daar is geen elektrisiteit, sanitasie of lopende water in hierdie gebou nie.

устройство хамама влобановский класс