praag.co.za

Vakansie met ?n verskil

Written by

in

Meer as ’n uur later was die diewe uiteindelik gereed om met die gesteelde motors asook die hotel se twee viertrekvoertuie vir wildbesigtiging te vertrek. Die drie hotelgaste, die ontvangsdame en drie veiligheidswagte is in die minibus geboender. Die konvooi het toe teen ’n ongelooflike snelheid na die Mosambiekse grens gejaag, sowat 150 km verder. “Hulle het die hele tyd teen 160, 170 km op daardie vreeslike pad gejaag,” vertel Cooley. “Hulle het gesê: ‘Vanaand gaan julle dood.’”

Teen 02:30, naby die grens, het die konvooi verby ’n polisiepatrollie verbygery. Die polisie het agtergekom daar is fout en die konvooi motors agternagesit. Die boewe het toe die pad verlaat, die voertuigligte afgeskakel en gevlug. Die sewe ontvoerdes is ongedeerd gevind en die polisie het hulle na die naburige polisiestasie geneem. Al die voertuie en sommige van die gesteelde items is teruggevind.

Cooley is krities oor die gebrek aan patrollies op die Mosambiekse grens. “Waarom word die grens nie behoorlik gepatrolleer nie? Die polisie het aan ons gesê dat daar nie eers ’n heining is nie. Ons kan troepe na die DRK stuur, maar kan nie ons eie grense patrolleer nie.“ Die polisie het voorts vir Cooley gesê dat alhoewel ontvoerings nie algemeen is nie, motordiewe gereeld voertuie in Gauteng steel of kaap en dan “vier of vyf keer ’n nag“ die grens oorsteek om die motors in Mosambiek te verkoop.

справка формалобановский александр отзывы

Comments

Leave a Reply