Watertoestand in Grahamstad kritiek

Rhodes-studente geniet multikul
Rhodes-studente geniet multikul

Die Makana-munisipaliteit, wat Grahamstad en Alicedale in die Oos-Kaap insluit, het “verouderde infrastruktuur” as die rede vir die watertekort en swak kwaliteit van water in Grahamstad aangevoer.

Die watertekort het reeds kritieke afmetings aangeneem weens ‘n algehele gebrek aan instandhouding van die nodige infraskruktuur deur die munisipaliteit.

Twee-en-veertig koshuise van die Rhodes-universiteit en ander inwoners van die dorp is reeds sedert Dinsdag sonder water.

Die munisipaliteit sê ‘n waterpomp by die Waainek-aanleg het gebreek, maar dat hulle ondverpoosd werk om die toevoer te herstel.

Die rektor van die universiteit, Dr Saleem Badat sê hy is op die punt om die universiteit te sluit omdat die situasie ondraaglik begin raak.

Verskeie sake-ondernemings word ook deur die tekort geraak.

Die waterslang en die profeet

Inwoners van Ramocha, in die omgewing van Rustenburg, het verlede Donderdagnag ’n sogenaamde profeet aangeval en haar huis afgebrand. Hulle het haar vroeër betaal om hulle teen ’n tornado te beskerm, maar het later besef hulle is verkul.

Sowat 800 woedende inwoners het voor die 43-jarige Dikiledi Njusa se huis byeengekom en daarop aangedring dat sy elkeen se R2 terugbetaal. Sy het die inwoners ’n week gelede vertel dat ’n massiewe tornado Rustenburg sou verwoes indien hulle haar nie elk R2 betaal nie. Die geld sou aan ’n waterslang genaamd Moeka gaan, om hom te kalmeer en die natuurramp af te weer. Inwoners het tot 18 Februarie gehad om hulle R2 te betaal. Die geld sou dan in die Hartbeespoortdam, Olifantsnekdam en ’n rivier in Zakhele gegooi word, op ’n datum wat die slang sou aandui.

Donderdagnag het die inwoners egter begin vermoed hulle is verkul en hulle het voor Njusa se huis saamgedrom. Die skare het die profeet en haar vyf kinders aangerand en haar huis, asook die buurwoning, afgebrand. ’n Motor in Njusa se agterplaas is ook aan die brand gesteek. Die vrou en haar kinders is in die hospitaal opgeneem en verkeer tans onder polisiebewaking. Die saak word nog ondersoek.

светильники потолочныеФільчаков прокурор