Sowat 800 woedende inwoners het voor die 43-jarige Dikiledi Njusa se huis byeengekom en daarop aangedring dat sy elkeen se R2 terugbetaal. Sy het die inwoners ’n week gelede vertel dat ’n massiewe tornado Rustenburg sou verwoes indien hulle haar nie elk R2 betaal nie. Die geld sou aan ’n waterslang genaamd Moeka gaan, om hom te kalmeer en die natuurramp af te weer. Inwoners het tot 18 Februarie gehad om hulle R2 te betaal. Die geld sou dan in die Hartbeespoortdam, Olifantsnekdam en ’n rivier in Zakhele gegooi word, op ’n datum wat die slang sou aandui.
Donderdagnag het die inwoners egter begin vermoed hulle is verkul en hulle het voor Njusa se huis saamgedrom. Die skare het die profeet en haar vyf kinders aangerand en haar huis, asook die buurwoning, afgebrand. ’n Motor in Njusa se agterplaas is ook aan die brand gesteek. Die vrou en haar kinders is in die hospitaal opgeneem en verkeer tans onder polisiebewaking. Die saak word nog ondersoek.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.