‘n 17-jarige meisie is dood in die Livingstonehospitaal in Port Elizabeth nadat sy geskiet is deur haar polisiemanvriend, het Oos-Kaapse polisie gesê. Superintendent Priscilla Naidu het gesê die polisieman was ‘n kaptein in die Port Elizabeth se BBP-beskermingseenheid. Na bewering het hy sy vriendin omstreeks 1uur die Maandagoggend geskiet toe hulle teruggekom het van die
Suid-Afrikaners vas vir dwelmsmokkelary
Oostenrykse owerhede het gesê ‘n verskerping in die stryd teen globale dwelmsmokkelsindikate het reeds meer as 100 arrestasies opgelewer. Oostenryk se Federale Ondersoekburo het gesê die Oostenrykse polisie het sedert 2005 met internasionale owerhede saamgewerk. Die polisie se luitenant-kolonel Gerald Tatzgern het Dinsdag gesê dat verdagtes in hegtenis geneem is in Suid-Afrika, Europa en Amerika.
Tyd om kos op te gaar?
Die redakteur van die Amerikaanse beleggingstydskrif, Gold World, raai Amerikaners aan om kos, medisyne en ook goud- en silwermunte te begin opgaar om die groot finansiële ineenstorting wat binne 18 maande en dalk gouer in Amerika kom, te oorleef. Greg McCoach, redakteur van die tydskrif en direkteur van 'n beleggingsadviesgroep, verwag dat die groot hoeveelhede geld wat nou in Amerika gedruk en in die ekonomie gepomp word, tot hiperinflasie gaan lei wat die gewone man in armoede en ellende gaan dompel.
Die redakteur van die Amerikaanse beleggingstydskrif, Gold World, raai Amerikaners aan om kos, medisyne en ook goud- en silwermunte te begin opgaar om die groot finansiële ineenstorting wat binne 18 maande en dalk gouer in Amerika kom, te oorleef. Greg McCoach, redakteur van die tydskrif en direkteur van 'n beleggingsadviesgroep, verwag dat die groot hoeveelhede geld wat nou in Amerika gedruk en in die ekonomie gepomp word, tot hiperinflasie gaan lei wat die gewone man in armoede en ellende gaan dompel.
Indi? maak op sekuriteitsfirmas staat
In groot dele van Indië is die eerste linie van verdediging teen misdaad bewapen met nie veel meer as ‘n blink gespe aan ‘n gordel nie. Indië se amptelike polisie is dun gesaai (daar is een beampte vir elke 1000 mense in Indië, minder as die helfte van Amerika se gemiddeld en een tiende van
Obama stuur geheime boodskap aan Rusland
President Barack Obama het verlede maand ‘n geheime brief gestuur aan Rusland se president, waarin hy voorgestel het dat hy sal terugstaan oor die ontplooiing van ‘n nuwe missielverdedigingstelsel in oostelike Europa indien Moskou sal help om Iran te verhoed om langafstandwapens te ontwikkel, het Amerikaanse amptenare Maandag gesê. Die brief aan president Dmitri A.
Selfone is die armes se kommunikasiemiddel
Ses uit tien mense in die wêreld het nou selfoonsubskripsies, wat aandui dat selfone die kommunikasietegnologie van keuse is, veral in armer lande, volgens ‘n verslag van die VN wat Maandag gepubliseer is. Teen die einde van verlede jaar was daar omtrent 4,1 miljard intekenaars regoor die wêreld, vergeleke met omtrent 1 miljard in 2002,
Wilders se party die gewildste
Geert Wilders, die omstrede Nederlandse parlementslid, se party, die Partij voor de Vrijheid (PVV), sal volgens ’n meningspeiling wat gister bekend gemaak is, 27 van die 150 setels in die Tweede Kamer van die State-Generaal – die laerhuis van die parlement – behaal, die grootste in die parlement Die Christen-Demokratische Appèl (CDA) van premier Jan-Peter
Afrikaleier se sluipmoord skok Motlanthe
President Kgalema Motlanthe het Maandag sy woede uitgespreek teen die moord van die president van Guinee-Bissau, Joab Vieira. “Suid-Afrika en die hele SAOG is geskok om te hoor van die koelbloedige moord op die demokraties verkose president van Guinee-Bissau,” het Motlanthe in ‘n verklaring gesê. Motlanthe het gesê geen woorde kan die internasionale gemeenskap se
Vlugtelingkampinwoners weier om te skuif
Oorblywende buitelanders in die Klerksoord vlugtelingkamp in Akasia, noord van Pretoria wat Maandag gesluit is, het belowe om net daar te bly. Hulle het gesê hulle sal eerder gearresteer word as om na ‘n ander skuiling te trek. “Ons is bereid om na enige plek buite Suid-Afrika te gaan. Ons sal nie na enige skuiling
Mediese afval gaan nuwe krisis veroorsaak
Suid-Afrika is besig om na ‘n nuwe krisis toe te beweeg indien die onwettige storting en opgaar van gesondheidsrisikogemors gaan voortduur. ‘n Plaaslike belangegroep, Health Care Waste Forum, het met die departement van omgewingsake en toerisme en die departement van gesondheid saamgespan om ‘n stop te sit aan die onwettige storting van mediese afval wat
