President Kgalema Motlanthe het Maandag sy woede uitgespreek teen die moord van die president van Guinee-Bissau, Joab Vieira.
“Suid-Afrika en die hele SAOG is geskok om te hoor van die koelbloedige moord op die demokraties verkose president van Guinee-Bissau,” het Motlanthe in ‘n verklaring gesê.
Motlanthe het gesê geen woorde kan die internasionale gemeenskap se woede en veroordeling van sulke “monsteragtige dade” ten volle uitspreek nie.
Vieira is vroeg Maandagoggend deur soldate doodgeskiet na die dood op Sondag van die leier van die weermag in ‘n bomaanval op sy hoofkwartiere.
