‘n 17-jarige meisie is dood in die Livingstonehospitaal in Port Elizabeth nadat sy geskiet is deur haar polisiemanvriend, het Oos-Kaapse polisie gesê.
Superintendent Priscilla Naidu het gesê die polisieman was ‘n kaptein in die Port Elizabeth se BBP-beskermingseenheid.
Na bewering het hy sy vriendin omstreeks 1uur die Maandagoggend geskiet toe hulle teruggekom het van die strand af.
Die offisier en sy twee vriende, insluitend die meisie was in sy bakkie naby die strand toe hy sy 9mm pistool uit die paneelkissie gehaal het.
Hy het klaarblyklik gepoog om die wapen veilig te maak toe ‘n skoot afgegaan het. Die koeël is deur sy linkerhand, deur die sitplek en in die maag van die meisie in.
Beide is na die Humansdorphospitaal geneem vir behandeling.
Die polisieman is behandel en ontslaan, terwyl die meisie na die Livingstonehospitaal geneem is vir ‘n operasie om die koeël te verwyder.
Die meisie, van Hankey naby Port Elizabeth is Maandagaand dood van die skietwond.
Oorspronklik is ‘n saak geopen vir die roekelose hantering van ‘n vuurwapen onder die invloed van alkohol, maar ‘n klag van moord is bygevoeg na die meisie dood is.
Die polisiebeampte is nie formeel aangekla nie, maar is opgeneem in die Hunter’s Craig sielkundigeinrigting.
Hy gaan aangekla word na sy ontslag uit dié hospitaal.
