Vlugtelingkampinwoners weier om te skuif

Oorblywende buitelanders in die Klerksoord vlugtelingkamp in Akasia, noord van Pretoria wat Maandag gesluit is, het belowe om net daar te bly.

Hulle het gesê hulle sal eerder gearresteer word as om na ‘n ander skuiling te trek.

“Ons is bereid om na enige plek buite Suid-Afrika te gaan. Ons sal nie na enige skuiling in Suid-Afrika gaan nie. Hulle kan ons doodmaak of arresteer,” het kampleier Yilmashwa Taye gesê.

Vlugtelinge het geweier om op busse te klim. Die Twane metropolisie het hulle 15 minute gegee om in die busse te klim of om gearresteer te word.

Omtrent 135 van die 382 mense is steeds by die kamp nadat die Tswane metroraad Maandag die kamp amptelik gesluit het.

Raadswoordvoerder Console Tleane het gesê die besluit om die kamp te sluit is in Augustus verlede jaar geneem.

баня с хамамомлобановский обыск