Indi? maak op sekuriteitsfirmas staat

In groot dele van Indië is die eerste linie van verdediging teen misdaad bewapen met nie veel meer as ‘n blink gespe aan ‘n gordel nie.

Indië se amptelike polisie is dun gesaai (daar is een beampte vir elke 1000 mense in Indië, minder as die helfte van Amerika se gemiddeld en een tiende van Sjina se gemiddeld). Sekuriteitswagte wat poste beklee as tee-aandraers in regeringskantore en motorwassers by ryk wonings is stadig maar seker besig om Indië se de facto polisiemag te word.

Sekuriteitswagte het dus reeds ‘n lang sluimerende teenwoordigheid in die land, maar ‘n reeks dodelike aanvalle in die beleg van drie Moembaai hotelle deur terroriste verlede jaar in November het ‘n behoefte geskep vir nuwer en beter wagte, eersteklas toerusting en wapens vir die wagte en besigheidsmense.

Capsi, ‘n industriële handelsgroep reken dat Indië se $2 miljard privaatsekuriteitsektor hierdie jaar ‘n miljoen mense sal by kry, selfs terwyl ander industrieë poste verminder soos wat die ekonomie afkoel. Die sektor het reeds 5 miljoen mense in diens, wat 1,3 miljoen meer mense is as die polisie en weermag tesame.

Voor die opleiding was meeste rekrute nog nooit in kantoorblokke nie, en het die meeste nog nooit in hysbakke gery, brandblussers gebruik of selfs ‘n vuurwapen gesien nie.

Binne omtrent ‘n maand is hulle veronderstel om te bepaal wie mag inkopiesentrums, korporatiewe kantoorparke, woonstelblokke en selfs Indië se openbare vervoer betree en wie nie. Hulle is ook eerste op die toneel met ongelukke en brande omdat ambulanse stadig is of nie bestaan in baie dele van Indië nie.

Sommige maatskappye, soos die eiendomsreus, DLF- wat huurders insluit soos Cartier juweliers, Max New York Life en Citigroup – het hulle eie private sekuriteitsfirmas begin. Terra Force is die maatskappy wat DLF se duisende persele gaan patrolleer. Hulle huur soveel spesialiste as wat hulle kan kry, insluitend die voormalige National Security Guards, die swart geklede kommando’s wat die hotelle in Moembaai verlede jaar ontset het.

“Slegs die wat goed opgeleide sekuriteitspersoneel kan lewer sal oorleef in die industrie,” meen Harsh Wardhan, die president en uitvoerende beampte van Terra Force Securities.

Wardhan, is gewerf van G4S, die enigste buitelandse sekuriteitsfirma wat in Indië werk. Terra Force gebruik honde om bomme uit te snuffel, nagsigtoerusting en IBM-kamerasisteme, en hulle voer ook instrukteurs in uit die Israeli weermag en die Amerikaanse marinierskorps, het Wardhan gesê.гидроаккумулятор купить в украинеФильчаков прокурор харьков