Anglo American Platinum (Amplats) het ‘n erkenningsooreenkoms met die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) onderteken, het City Press Sondag berig. “Ons het volle organiseringsregte en sal nou in staat wees om formele strukture te implementeer en om verteenwoordigers by Amplats aan te stel,” het Joseph Mathunjwa, president van Amcu, aan die koerant gesê.
Druk op polisie weens dood in aanhouding, RA
Die familie van die Mosambiekse taxibestuurder, Mido Macia, het President Jacob Zuma gevra om in te gryp in die ondersoek na sy dood in polisie-aanhouding in Daveyton aan die Oosrand. Macia is verlede week in aahouding in die polisieselle dood nadat hy na bewering vroeër agter ‘n polisievangwa vasgemaak en gesleep is. Agt polisiebeamptes wat
Ramaphosa vra Christene om ‘morele kompas’ te wees
Cyril Ramaphosa, adjunk-president van die ANC, het ‘n beroep op Christene gedoen om Suid-Afrika se morele kompas te wees teen oortedings soos verkragting, het City Press Sondag berig. “Daar is geen beter agente as Christene en die kerk om die morele waardes en morele gewete van ons land op te bou nie,” het Ramaphosa Saterdag
Lees verder: Ramaphosa vra Christene om ‘morele kompas’ te wees
Afrikanerskape en die tweede revolusie
Om Afrikaners dop te hou, is omtrent soos een of ander riller uit Hollywood. Jy weet daar gaan netnou ‘n monster uit die kas klim om die onskuldige held of heldin aan te val, maar jy kan niks doen om hom of haar te waarsku nie. Soos in daardie ou, rokerige bioskope van weleer, begin
SA wil handel in renosterhoring wettig
Suid-Afrika oorweeg die wettiging van handel in renosterhoring en het Vietnam as ‘n moontlike handelsvennoot geïdentifiseer. Vietnam is een van die lande wat diep betrokke is in die handel. Die regering se plan sal by die komende konferensie oor die Konvensie in Internasionale Handel in Bedreigde Spesies, of CITES, bespreek word, het die minister van
Oscar Pistorius haal die voorblad van TIME
Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius wat van moord aangekla word, is op die Maart-uitgawe van die tydskrif Time wat Vrydag in die Verenigde State, Asië en die suidelike Stille Oseaan beskikbaar is. Op die voorblad staan Pistorius hemploos in ‘n oefenbroek met sy ikoniese lemme. Die woorde “Man. Superman. Gunman.” is oor sy foto gedruk.
‘Die Raadsplan’ rassisties sê MRK
Die inhoud van die boek, getiteld, Die Raadsplan, deur die Living Hope Ministries en sy stigter, past. Willie Smit, kom neer op haatspraak, het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) gesê. “[Die kommissie] het bevind dat die publikasie aanstootlik is en neerkom op haatspraak,” het Isaac Mangena, woordvoerder, gesê. Die SAMRK het in 2010 ‘n klag ontvang
NERSA-besluit gaan ekonomie knou
Die Vryheidsfront Plus het met afkeur kennis geneem van die besluit van NERSA om ‘n 8% verhoging in die elektrisiteitsprys, vir die volgende vyf jaar, goed te keur. “Hierdie 8% is 8% te veel. Soos die ekonomie tans daaruit sien blyk dit dat hierdie kragskok nie geabsorbeer sal word nie en sal dit ‘n algehele
Dood in aanhouding van taxi-bestuurder maak opslae
Die Parlement se Portefeuljekomitee oor die Polisie het gevra vir die onmiddellike skorsing van polisielede wat betrek word by die dood van ‘n taxibestuurder. Die voorval het wêreldwyd opslae gemaak en is internasionaal veroordeel. Die taxibestuurder is as die 27-jarige Mosambieker, Mido Macia geïdentifiseer. Hy is deur polisielede van Daveyton aan die Oos-Rand gekonfronteer nadat
Lees verder: Dood in aanhouding van taxi-bestuurder maak opslae
Italië se komediant laat politieke krisis verdiep
Die politieke krisis in Italië het verdiep, nadat twee partyleiers die moontlikheid verwerp het om ‘n regering te vorm en ‘n nuwe verkiesing af te weer. Die populistiese leier van die Vyfster-beweging, Beppe Grillo het toenadering van die sentrum-linkse leier Pier Luigi Bersani met beledigings verwerp, terwyl Bersani se junior koalisie-vennnoot Nichi Vendola ‘n regeringsalliansie
Lees verder: Italië se komediant laat politieke krisis verdiep
