Italië se komediant laat politieke krisis verdiep

Die politieke krisis in Italië het verdiep, nadat twee partyleiers die moontlikheid verwerp het om ‘n regering te vorm en ‘n nuwe verkiesing af te weer.

Die populistiese leier van die Vyfster-beweging, Beppe Grillo het toenadering van die sentrum-linkse leier Pier Luigi Bersani met beledigings verwerp, terwyl Bersani se junior koalisie-vennnoot Nichi Vendola ‘n regeringsalliansie met die sentrum-regse groepering onder leiding van Silvio Berlusconi verwerp het.

Grillo se party het teen alle verwagtinge in deur derde te eindig, vir ‘n opskudding gesorg.

Die voortslepende onsekerheid in die Eurogebied se derde grootste ekonomie het markte aanvanklik skerp laat daal, maar teen gister was daar weer bestendigheid.

Grillo het die skynbaar onmoontlike vermag deur alleen op sosiale media – en die groot geld nie – staat te maak om die korrupsie in die politieke klas in Italië aan die kaak te stel. Sy byeenkomste is deur honderde duisende jong Italianers met tersiêre opleiding ondersteun. Grillo is ‘n komediant van beroep.

Maak 'n opvolg-bydrae