Oscar Pistorius haal die voorblad van TIME

Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius wat van moord aangekla word, is op die Maart-uitgawe van die tydskrif Time wat Vrydag in die Verenigde State, Asië en die suidelike Stille Oseaan beskikbaar is.

Op die voorblad staan Pistorius hemploos in ‘n oefenbroek met sy ikoniese lemme. Die woorde “Man. Superman. Gunman.” is oor sy foto gedruk.

Volgens die tydskrif se webwerf is daar ‘n artikel van ses bladsye, getiteld: “Oscar Pistorius and South Africa’s culture of violence”.

Pistorius word daarvan beskuldig dat hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag in sy huis vermoor het. Hy het die aanklag ten sterkste betwis. Die ster-atleet is verlede week borgtog van R1 miljoen toegestaan.

In ‘n beëdigde verklaring wat hy as deel van sy borgtogaansoek ingedien het, het Pistorius gesê hy het gedink daar is ‘n inbreker in die huis toe hy die skote afgevuur het.

Maak 'n opvolg-bydrae