MDC spyt oor magsdelingsooreenkoms

‘n Segspersoon vir die MDC, Zimbabwe se amptelike opposisie, het vandag die party se spyt uitgespreek dat hulle die magsdelingooreenkoms met Robert Mugabe se Zanu-PF geteken het voordat die besonderhede van die samestelling van die regering uitgestippel is.

Lees verder: MDC spyt oor magsdelingsooreenkoms

Zimbabwe media weer terug in Donker Eeue

Volgens media-analiste trek Zimbabwe se ekonomiese verval die land in die Donker Eeue in. Koerante, radio en televisie gaan deur 'n fantasmagoriese inflasiekoers wat in die miljoene persent loop gekelder word en daarmee saam die wêreld van inligting. Koerante het te duur geraak vir almal behalwe ‘n klein handjie vol terwyl die staatsbeheerde radio en televisie se monopolieë deur kragonderbrekings geteister word, het die Media Moniteringsprojek van Zimbabwe (MMPZ) gesê.

Lees verder: Zimbabwe media weer terug in Donker Eeue

Twee familielede in isolasie in Morningside Medi-kliniek

Twee familielede van die Morningside Medi-Kliniek verpleegster wat oorlede is aan die geheimsinnige virale siekte, is in streng isolasie geplaas as 'n voorkomende maatreël. Volgens die kliniek se areabemarkingsbestuurder, Melinda Pelser, het hulle nog geen van die simptome nie.

Lees verder: Twee familielede in isolasie in Morningside Medi-kliniek