Nelson Chamisa het vandag gesê dat die teken van ‘n ooreenkoms op 15 September, voordat al die besonderhede uitgeklaar was, ‘n baie groot fout was.
Daar was baie hoop vir ‘n einde aan Zimbabwe se politieke en ekonomiese probleme toe president Mugabe ingestem het om die magsverdelingsooreenkoms te teken saam met sy eertydse vyand, Morgan Tsvangirai. Die ooreenkoms is deur voormalige president Mbeki tussen die partye saamgestel.
Volgens die ooreenkoms bly Mugabe die President met verminderde magte terwyl Tsvangirai die pos van eerste minister kry
Drie weke later is daar verhoogde vrese dat die ooreenkoms kan ontrafel omdat Zanu-PF en die MDC nie kan ooreenkom oor die toekenning van die ministersposte nie.
Volgens die ooreenkoms sou Zanu-PF 15 ministersposte kry Tsvangirai se MDC 13 poste en ‘n wegbreek aksie van die MDC wat deur Arthur Matambura gelei word 3 poste in die kabinet wat uit 31 poste sou bestaan.
Ten spyte van bewerings dat die partye voor die ondertekening oreengekom het dat die MDC sekere sleutelposte sou kry, soos die ministeries van Binnelandse Sake (wat die polisie beheer) en finansies, en dat Zanu-PF onder andere die ministerie van Verdediging sou behou, sê die MDC dat daar nooit so ooreenkoms was nie.
Vroeg verlede week het Mugabe gesê dat die regering gefinaliseer sal wees teen die einde van die week, en dat slegs vier poste nog onder bespreking was. Later in die week het dit bekend geraak dat gesprekke tussen Mugabe en Tsvangirai weer op ‘n dooiepunt geëindig het.
Die MDC het Zanu-PF beskuldig dat hulle vasklou aan mag en het die meningsverskil weer na Mbeki, die SAOG bemiddelaar toe verwys.
Chamisa sê dit is duidelik dat daar geen vooruitgang met die saak gemaak word nie.
Chamisa sê Zanu-PF is besig met ‘n propaganda veldtog, vals inligting wat versprei word en misleiding van die publiek.
Sedert die ooreenkoms geteken is, is Mbeki deur die heersende ANC uit die kussings gelig en vervang.
SAOG lidlande het Mbeki as mediator in Zimbabwe ondersteun, maar hy het nog nie weer terug gegaan na Zimbabwe toe om die ooreenkoms daar te probeer red nie. Die ooreenkoms is van groot belang vir Zimbabwe se sinkende ekonomie.
Westerse regerings is reg om miljoene dollars in hulp en investering in Zimbabwe in te pomp, maar slegs op die een belangrike voorwaarde, dat die regering deur die MDC oorheers en gelei word.
