Woordvoerder Sizwe Khupelo sê die rivier voorsien meer as 12 dorpe in die Mqanduli-gebied van water.
Die span is deel van 'n gesamentlike operasie tussen Oos Kaap se gesondheidsdepartement, die OR Thambo distriksmunisipaliteit en die departement van waterwese.
Die span wat uit gesondheids- en omgewingsbeamptes en gesondheidspromoters bestaan, monitor die situasie en sal deur die week tot Vrydag watergehalte-toetse uitvoer.
Die munisipaliteit sal watertenks en chloor voorsien aan die dorpe wat moontlik besmet is. Daar was geen berigte van siekte weens die storting nie maar die ontplooiing van die span is 'n voorsorgmaatreël. Khupelo het inwoners van die dorpe en die Mqanduli-gebied versoek om nie rivierwater te drink nie.
