Oud-Springbok se niggie dalk aan Kongokoors oorlede

Die vrou wat oorlede is aan die dodelike virussiekte uit Zambië is me Cecilia van Deventer. Sy was 36 jaar oud en 'n niggie van oud-Springbok-rugbykaptein, Corné Krige. Daar word vemoed dat dit Kongokoors kan wees.

Sy is op 14 September in die Morningside Medi-kliniek oorlede nadat sy uit Zambië op haar vlug na Suid-Afrika vergesel deur 'n Zambiër wat intussen ook oorlede is aan die virussiekte. Die verpleegster wat Van Deventer by die kliniek versorg het, is eergister dood.

Die hoof van die departement se afdeling vir aansteeklike siektes Dr Frew Benson, sê die pasiënt het 'n bosluisbytmerk gehad, maar hulle wag nog vir die uitslag.

Die Gautengse departement van Gesondheid het reisigers wat die afgelope maand in Zambië was, gevra om dadelik hospitaal toe te gaan as hulle griepsimptome ondervind.

Die publiek kan ook vir dr. Chika Asomugha van die Gautengse departement van gesondheid kontak by 082 330 1490.

детски игрылобановский александр жена

Maak 'n opvolg-bydrae