praag.co.za

Nog ‘n Franse wapenskandaal tref Angola

Written by

in

Daarbenewens meen aanklaers dat Pierre Falcone, 'n Franse sakeman en Arkady Gaydamak, 'n Israeli miljardêr, Russiese wapens aan Angola verkoop het tussen 1993 en 2000 en daarmee Franse wette oortree het.

Beweringe van duur geskenke, omkoopgeld en ander ongerymdhede is verder gemaak. Die hofsaak het Maandag begin en alle partye was teenwoordig behalwe Gaydamak. 'n Internasionale lasbrief vir sy inhegtenisname is intussen uitgereik.

Sy regsverteenwoordiger William Goldnagel sê sy kliënt, wat staan vir die burgemeesterspos van Jerusalem, sal later na Parys reis om die verhoor by te woon.

Die saak is sensitief vir Angola en 'n Angolese regsverteenwoordiger het Maandag aangedui dat hy alles gaan probeer om die saak uitgegooi te kry "om die land se soewereiniteit te beskerm". Angola beskou baie van die dokumentêre bewysstukke as militêre geheime.

Frankryk se dubbele verhouding met Afrika gaan ook onder die vergrootglas kom volgens ingeligtes. Falcone en Gaydamak se regsmense sê die wapens het nooit naby Franse gebied gekom nie en daarom kan die saak nie in Frankryk verhoor word nie. Aanklaers hou egter vol dat die geld vir die transaksie in Franse banke inbetaal is.what are casino gamesлобановский супермаркет класс

Comments

Leave a Reply