Shilowa het verlede week bedank nadat Thabo Mbeki as staatshoof uitgetree het. Die ANC het reeds Vrydag aangekondig dat Mashatile, wat ook die LUR vir ekonomie en finansies vir die provinsie is, vir die pos aanbeveel word. Hy sal tydens 'n spesiale sitting amptelik verkies word.
Shilowa is gekritiseer deur die ANC en Cosatu toe hy in die openbaar sy teenkanting teen die afdanking van Mbeki uitgespreek het. Shilowa was voorheen die sekretaris-generaal van Cosatu.
