Beijing is teleurgesteld met Amerika se besluit om 'n $6,5 miljard wapenpakket aan Taiwan beskikbaar te stel. Dit sluit geleide missiele en aanvalshelikopters in. China sê die aankope meng in China se binnelandse sake in en benadeel nasionale sekuriteit.
Die VSA se Defense Security Cooperation Agency het die Kongres in kennis gestel van hulle voornemens om die gevorderde wapenstelsels aan Taiwan te verkoop. Die wetgewing wat buitelandse militêre verkope reël bepaal dat die transaksie kan voortgaan indien daar geen teenkanting binne 30 dae geregistreer word nie.
