"Dit is moontlik hier waar ons paaie skei", het die voormalige ANC-voorsitter en minister van verdediging Mosiuoa Lekota op 'n mediakonferensie in Pretoria gesê. Lekota het aangekondig dat hy en 'n groep enersdenkende indiwidue regoor die land binne die volgende twee weke 'n konvensie of 'n kongres gaan hou om oor die pad vorentoe te besluit.
Verhoudings kan steeds herstel word, s? ANC
Die verhouding tussen die twee strydende faksies van die ANC is nog nie onherstelbaar nie, het die ANC se tesourier-generaal, Mathews Phosa, vandag gesê. Phosa het op ‘n persinligtingsessie by die party se hoofkwartier gepraat.
Inwoners van Klerksoord kamp weier om te loop
Sommige van die buitelanders wat by die Klerksoord tydelike vlugtelingkamp gewoon het weier nou om die gebied te verlaat, het polisie op Woensdag laat weet.
Moenie paniekerig raak nie, s? Aandelebeurshoof
Geen rede vir paniek nie, sê Russell Loubser, uitvoerende hoof van die Johannesburgse Aandelebeurs. Markte wêreldwyd het byna al 'n derde van hul waarde verloor, maar Loubser sê ons het sterk maatskappye wat goeie dividende betaal.
Lees verder: Moenie paniekerig raak nie, s? Aandelebeurshoof
SA mans van die gewelddadigste
Professor Kopano Ratele van die Mediese Navorsingsraad sê dis die machoman-beeld wat maak dat Suid-Afrika se mans van die mees gewelddadigste mans op aarde is. Die koers van geweld onder jong mans is nege keer hoër as die wêreldgemiddeld.
Woedende beleggers bestorm die Bank van China
Woedende beleggers het Woensdag in Hong Kong buite die Bank van China met die polisie slaags geraak. Hulle het hulle geld teruggeëis wat deur die bankrotskap van Lehman Brothers ingesluk is.
Noord-Korea se kernmissielprojek dalk onsuksesvol
Noord-Korea werk aan 'n kernkop vir 'n missiel het 'n senior militêre offisier van Suid-Korea Woensdag bekendgemaak. Die aankondiging is deur die Yonapnuusagentskap gemaak.
Lees verder: Noord-Korea se kernmissielprojek dalk onsuksesvol
Lyftaal praat!
Lyftaal praat! Obama en McCain hou nie veel van mekaar nie. Ná Dinsdag se debat tussen die twee het hulle nie dadelik gaan bladskud nie. McCain moes Obama op die skouer gaan aanraak sodat hy na hom toe draai en toe die swart kandidaat sy hand uitsteek het McCain verkies om dit nie dadelik te neem nie maar om Obama na sy vrou, Cindy, te stuur.
Poetin is g’n sissie nie
Wladimir Poetin is nie 'n sissie nie. As die voormalige KGB-agent nie 'n Siberiese sabeltand omstoei om joernaliste wat hom op 'n uitstappie met wetenskaplikes na Rusland se Verre Ooste vergesel het, te red nie, dan baljaar hy in 'n vegvliegtuig.
Europese krisis versnel
Tekens dat die Europese ekonomie sy afwaartse pas versnel, het die regerings van Spanje en Brittanje beweeg om onafhanklike reddingsplanne vir hulle finansiële industrieë te bedink. Ysland het intussen gewaarsku dat hulle land teen algehele bankrotskap sal moet walgooi.
