SA mans van die gewelddadigste

Professor Kopano Ratele van die Mediese Navorsingsraad sê dis die machoman-beeld wat maak dat Suid-Afrika se mans van die mees gewelddadigste mans op aarde is. Die koers van geweld onder jong mans is nege keer hoër as die wêreldgemiddeld.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie se verslag oor die aangeleentheid is die wêreldkoers 13,6 per 100 000, terwyl dit in Suid-Afrika 87 mans per 100 000 is. Naas Colombia, is ons die hoogste wat manslag betref.

Die MNR wil graag 'n oplossing vind vir die probleem. Ratele sê ouers moet hulle kindrs leër dat dit reg is om weg te loop van 'n geveg. Goeie skole en sterk gesinne meen hy sal geweld bekamp. Kulturele faktore speel ook 'n rol in geweld wat mans pleeg.

Volgens 'n verslag van die Kanadese Mediese Vereniging is 27,5% van die plegers van geweld daaraan blootgestel gewees as kinders.

оборудование для пескоструйной обработки металлапрокурор Фильчаков