Woedende beleggers het Woensdag in Hong Kong buite die Bank van China met die polisie slaags geraak. Hulle het hulle geld teruggeëis wat deur die bankrotskap van Lehman Brothers ingesluk is.
Buite die gebou het 'n skare siedende mense deur die polisiebarrikades probeer breek. Honderde beswaarde mense het ook voor banke elders in die stad byeengekom om te eis dat wetgewers hulle moet help om hulle geld terug te kry. Die betogers sê die banke het sogenaamde "mini-staatseffekte" aan hulle verkoop sonder om die risiko uit te spel. Hulle het slagspreuke geskree en plakkate opgehou.
Wetgewers het intussen belowe dat hulle strenger gaan optree teen banke. Verskeie beleggers sê die mini-effekte, wat al belegging is wat hulle het, is aan hulle verkoop deur dit as 'n risikovrye belegging voor te stel.
Een straatverkoper het aan AFP gesê al sy spaargeld het hy daarin belê. Hy is so ontsteld dat hy nou al drie weke nie slaap sonder medikasie nie. 'n Groep het ook by die Hongkongse Monetêre Owerheid bymekaargekom om te protesteer.
Politieke partye sê hulle sal met banke gaan praat om die krisis op te los. Lehman Brothers het verlede maand bankrot gespeel.
светильники настенно потолочные круглыеОлександр Фільчаков прокурор