Kaptein Prince Mokhabela het gesê dat sowat 300 mense wat daar skuiling gesoek het, nie van die perseel af wou padgee nie.
Mokhabela sê dat daar van hulle net weier om die plek te verlaat, maar voeg by dat daar geen geweld gerapporteer is nie.
Hy is nie seker of die polisie geweld sal gebruik om hulle te verwyder van die kamp wat Maandag reeds afgeslaan is nie.
Gauteng provinsiale segspersoon, Thabo Masebe, was nie vir enige kommentaar beskikbaar gewees nie.
